Vrystater behaal die wendoel in hokkie

0
548

Albei Suid-Afrika se hokkiespanne (mans en vroue) het gekwalifiseer vir die Wêreldbeker-toernooi aanstaande jaar in Nederland, toe hulle onderskeidelik in die eindstryde van die Afrikanasies-bekertoernooi in Nairobi, Kenia met Egipte en Ghana afgereken het.

Die mans het in ’n taai wedstryd teen Egipte 2-0 geseëvier, terwyl die vroue groot veggees aan die dag gelê het om Ghana 3-2 te klop.

Die vroue was in ’n stadium 0-2 agter, maar het teruggeveg om die kragmeting 3-2 te wen. Die wendoel is eers reg teen die einde (68ste minuut) deur Tanya Britz van die Vrystaat aangeteken. – SA HOKKIE