E Copy

Date:

Vrystaatse spelers in finale groep vir Netbalwêreldbeker

Netbal Suid-Afrika het die finale span van 12 spelers bekend gemaak wat Suid-Afrika sal verteenwoording in die 2023 Netbalwêreldbeker in Kaapstad.

‘n Groep van 15 spelers is einde Mei bekend gemaak vir die Wêreldbeker, maar die groep is nou met drie gesny vir die spogtoernooi in die Moederstad.

Aanvanklik was vier spelers van die Vrystaat in die span – Karla Pretorius, Khanyisa Chawane, Lefébre Rademan asook Refiloe Nketsa. Nog ‘n speler, Elmere van der Berg, is ‘n Bloemfonteiner, maar dié oud-leerling van die Hoërskool Jim Fouché speel nou egter haar netbal vir Noordwes in Potchefstroom.

Pretorius, Chawane en Van der Berg is wel deel van die groep van 12 spelers, terwyl Rademan en Nketsa twee van die drie reserwes vir die toernooi is.

Tydens die onlangse Telkom Netballiga, waar die Vrystaat Crinums ongelukkig met 59-51 in die eindstryd teen die Jaguars vasgeval het, is Chawane as die Speler van die Toernooi aangewys. Nketsa, wat net soos Rademan ongelukkig is om nie die finale groep te haal nie, is aangewys as die beste middelbaanspeler van die toernooi.

Die gesoute Pretorius, wat onlangs van Australië af teruggekeer het, is ook as die Proteas se onderkaptein vir die Wêreldbeker aangewys.

Suid-Afrika is in ‘n taai groep C vir die toernooi saam met Jamaika, Sri Lanka en Wallis.
Die 2023 Netbalwêreldbeker begin op 28 Julie en die eindstryd sal op 6 Augustus beslis word.

Proteas – Bongi Msomi (kaptein), Karla Pretorius (onderkaptein), Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Phumza Maweni, Lenize Potgieter, Nicola Smith, Jeante Strydom, Nichole Taljaard, Elmere van der Berg, Shadine van der Merwe, Ine-Mari Venter
Reserwes – Owethu Ngubane, Refiloe Nketsa, Lefébre Rademan – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...