Vrystaatse skermers ryg die medaljes in

0
386
erne Beukes (regs) van die Vrystaatse Amateur-skermklub in aksie by die Oos-Kaapse Ope Skermkampioenskap.

Lede van die Vrystaatse Amateur-skermklub het behoorlik die medaljes ingeryg by die Oos-Kaapse Ope Skermkampioenskap wat onlangs in Port Elizabeth gehou is.

Goeie sportmanskap, deursettingsvermoë en dissipline het die knoop vir die Vrystaters deurgehaak.

Die Vrystaters se indrukwekkende medalje-lys lyk soos volg:

  • Berne Beukes: Goud, Senior Vroue Sabre; Silwer, o.20 Foil; Brons: o.17 Foil
  • Cecilia Nieuwenhuis: Veterane Goud; Senior Women’s Epee
  • Renier Veitch: Goud, Senior Mans Sabre
  • Jürgen Schröder: Veterane Goud; Senior Mans Epee; Veterane Goud; Senior Mans Sabre

Volgens afrigter Jürgen Schröder, was die span se positiewe ingesteldheid, harde werk, en lang ure se afrigting beslis die deurslaggewende faktor.

“Ek is baie trots op die span. Skerm is ‘n individuele sport, maar die span se vertoning in die KwaZulu-Natal Ope, die Wes-Kaapse Ope en nou weer in die Oos-Kaapse Ope is ‘n goeie aanduiding van hoe doeltrefffend ons afrigting is. Natuurlik het die lede se ingesteldheid en deursettingsvermoë om suksesvol te wees, ‘n groot rol gespeel,” sê Schröder.

Hy is baie positief oor die kanse van spanlede Miguel Ribeiro en Berne Beukes wat Suid-Afrika by die Afrika- Junior-kampioenskap in Lagos, Nigerië gaan verteenwoordig. Hulle vertrek Sondag.

“Gemeet aan onlangse prestasies is die verwagting dat hulle goed sal presteer. Maar net die tyd sal leer. Indien hulle goed presteer in Nigerië, kan hulle moontlik kwalifiseer vir die Wêreld Junior Kampioenskape in April 2022 in Dubai. Dit is die volgende doelwit waaraan ons hard aan die werk is,” sê Schröder.

Vir meer inligting, skakel Jürgen Schröder by 081 409 4780 of Charmaine Schroder by 082 681 1115.

Pieter Delport

pieterd@mahareng.co.za