E Copy

Date:

Vrystaatse onderwysdepartement teleurgesteld dat Mac Kay nog skoolhou

Die Departement van Onderwys in die Vrystaat het sy teleurstelling en bekommernis uitgespreek oor die besluit van die Trompsburg Primêre skool se beheerliggaam om ‘n onderwyser wat afgedank is by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein, in ‘n beheerliggaampos aan te stel.

Onderwyswoordvoerder, Howard Ndaba, sê Lenard Mac Kay, is in 2014 afgedank nadat hy onbehoorlik, skadelik en/of onaanvaarbaar opgetree het toe hy ‘n ou Suid-Afrikaanse landsvlag en foto’s van die EFF-leier, Julius Malema, langs bobbejane in sy klaskamer vertoon het. Ndaba sê die departement is in die proses om ‘n voorlegging saam te stel wat aan die Trompsburg Primêre skool se beheerliggaam voorgelê gaan word.

Die departement voer aan dat Mac Kay destyds skuldig bevind is en nie bevoeg is om weer skool te hou nie. Hy sê die departement kan dié skool se beheerliggaam nie dwing om Mac Kay af te dank nie, maar kan voorstelle aan die beheerliggaam doen, omdat dit die departement se taak is om toe te sien dat daar gehalte-onderrig in die provinsie is. Volgens Ndaba sal die beheerliggaam wys wees as hulle eers vir die beslissing van die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) wag voordat Mac Kay kan skoolhou. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), wat namens Mac Kay optree, het verlede jaar ‘n klag van onbillike ontslag by Ravo ingedien ná sy afdanking by die Laerskool Wilgehof. Dié arbitrasieproses is steeds aan die gang.

Lede van die EFF het verlede Vrydag hul misnoeë uitgespreek oor Mac Kay se onlangse aanstelling as onderwyser aan die Trompsburg Primêre skool in ‘n griefskrif wat aan die voorsitter van dié skool se beheerliggaam, Willem Grobbelaar, oorhandig is. Die EFF eis dat Mac Kay in die pad gesteek word, omdat hy ‘n “rassis” is. Daar is nie plek vir hom in die samelewing nie.

Adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, het gister bevestig dat ouers en die skool se beheerliggaam op ‘n vergadering Maandagaand teen die EFF se versoek dat Mac Kay onmiddellik afgedank word, besluit het. Mac Kay gaan aanbly as ‘n leerkrag by dié skool, sê Deacon.

Die EFF se Kgotso Morapela sê die Trompsburg Primêre skool se beheerliggaam het nog geen amptelike terugvoer aan die EFF in die Vrystaat gegee oor hul besluit om Mac Kay as onderwyser aan te hou nie.

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...