Vrystaatse kinders skerp hul spelvaardighede op

0
505
Mark Steenbok

“Dit gaan oor die trotsheid van ons taal. Omdat Afrikaans 90 jaar oud word hierdie jaar, voel ons dis belangrik vir die kinders om hul taal vaardighede op te skerp en die taal bewaar.”

Dit is die woorde van Petro Steenkamp, ‘n Afrikaanse onderwyseres, by Hoërskool Sentraal kort voor die afskop van die finale rondte van die ATKV-Spellathon wat Maandag en Dinsdag by die skool sal plaasvind.

Veertien skole in die Vrystaat sal in die finale rondte van die spelkompetisie wees. ‘n Span bestaan uit twee graad 9- en graad 10-leerders.

Steenkamp, wat ook as ‘n organiseerder is, het aan Courant gesê die doel van die spellathon is eenvoudige net om die spel en taalvaardighede van leerders te verbeter.

“’n Woord word aan die leerder gegee om te spel, die leerder staan op en spel dan die woord. Is hy/sy reg spel dan gaan hy voort. As die leerder die woord verkeerd spel dan val hy/sy uit. So hou dit aan tot ‘n wenner oorbly,” sê Steenkamp.

Steenkamp voel verder die spelkompetisies laat kinders meer fokus op hul spelling en die korrekte gebruik van Afrikaans en om nie net SMS-taal te gebruik nie.

“Leerders wat in die spelkompetisie deelneem, is baie meer bewus van die taal en jy kom dit baie vining agter in hul opstelle,” sê Steenkamp.

Maandag sal slegs vir leerders wees met Afrikaans as huistaal, terwyl die leerders met Afrikaans as addisionele vak Dinsdag aan die beurt sal kom.

Sentraal sal Woensdag ook ‘n ander soortgelyke spelkompetisie genaamd die WoW-Spelfees by die skool aanbied.