Vrystaatse gesondheidstelsel in krisis gedompel

0
482

Sabrina Dean

Die burgerregte-groep Section 27 hoop om vandag die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi te spreek oor die swak toestand van die Vrystaatse gesondheidstelsel.
Section27 se direkteur Mark Heywood, sê 200 noodsaaklike medisyne en voorrade by die provinsiale depot is uit voorraad.
Hy sê dit sluit in kroniese medikasie soos teenvigsmiddels en medisyne vir hoë bloeddruk en diabetes.
Heywood sê hulle het reeds die nasionale departement van gesondheid oor die krisis genader, maar is ingelig dat die departement nie die mag of kapasiteit het om die situasie aan te spreek nie.
Courant het reeds berig oor die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein, asook die Dihlabeng provinsiale hospitaal in Bethlehem waar dienste geraak word deur ‘n tekort aan toerusting en finansies.
Intussen wag Courant steeds op terugvoer van die provinsiale gesondheidsdepartment.
Pogisho Sehularo sê die navraag is ontvang en word tans bestudeer.