E Copy

Date:

Vrystaatse Bergfiets-marathonreeks kry hupstoot

GEORG VAN ECK

Vrystaat Fietsry het ’n uitstekende jaar beleef waarin talle fietsryers presteer het en daar word reeds kliphard gewerk vir die nuwe jaar en een van die projekte is ’n bergfiets-marathonreeks in die Vrystaat.

Die gesoute bergfietsryer, Dirk Maarsingh, het op Vrystaat Fietsry se prysuitdeling ’n beroep op alle belangstellendes gedoen om so ’n reeks in die Vrystaat te begin.

Met die hulp van lede en die president van Vrystaat Fietsry, George Stroebel, is die bal aan die rol gesit.
“Ek was die fasiliteerder vir ’n vergadering by my huis. Alle rolspelers is genooi om die vergadering by te woon en dit was ’n groot sukses,” sê Maarsingh.

Daar is reeds groot planne om ’n Vrystaatse bergfietsmarathon-reeks van stapel te stuur. Verteenwoordigers van die platteland en ander streke van die Vrystaat word betrek sodat Welkom en Noord-Vrystaat, Fourieburg, Clarens, Clocolan, Ficksburg en die Gariep-streek deel van die planne vorm.

Vrystaat Fietsry is ook vuur en vlam en ’n komitee onder voorsitterskap van Willem Raubenheimer is gekies om die beplanning en werk te doen.

Bergfiets-deelname is besig om oor die Vrystaat en Suid-Afrika te groei. Die Maarsinghs se deelname aan die sport, is ook ’n duidelike bewys dat dit ’n gesinsportsoort is.

Dirk Maarsingh het sy volle Vrystaat-kleure op Vrystaat Fietsry se prysuitdeling ontvang nadat hy die afgelope jaar in baie wedrenne uitgeblink het. Van sy grootste prestasies is die sewende plek wat hy in die Meesters-afdeling van die Absa Cape Epic losgetrap en algeheel 52ste geëindig het. Hy wen ook die Suid-Afrikaanse XCO-bekerreeks vir veterane 45 tot 49 jaar. In die Meesters XCO-wêreldkampioenskappe in Pietermaritzburg eindig hy agtste in die veterane afdeling.

Sy oudste seun, Berno, graad 11-leerling van Grey Kollege, eindig algeheel derde in die junior afdeling op die Oudtshoorn-jeugfees (tussenprovinsiaal). Op dieselfde byeenkoms is hy die algehele wenner van die halfmarathon-wedren.

In die Super MTB-reeks het hy in die Vrystaat en nasionaal uitgeblink. Hy verwerf ook sy vol Vrystaat-kleure op Vrystaat- Fietsry en prysuitdeling en ook op Grey Kollege se prysuitdeling.

Die jongste Maarsingh, Rinus, graad 9 leerling van Grey Kollege, het netsoos sy ouer gesinslede die speke op sy bergfiets laat sing. By behaal talle eerste plekke in die die o.16-ouerdomsgroep waaronder die algehele wenner in die Oudtshoorn-jeugfees en ’n tweede plek in die halfmarathon. Hy het in talle ander wedrenne oor die land uitgeblink.

Op Vrystaat Fietsry se prysuitdeling ontvang hy ook sy volle Vrystaatkleure en trofee as die beste o.16-bergfietsryer. By sy skool ontvang hy die Dave du Buisson-trofee vir die beste opkomende fietsryer.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...