Vrystaaters maak stemme dik by Spekboom-toernooi

0
473
Van links is Rudi van Vuuren en June Smith (Hoopstad), en Isabel en Derick Louw (Trompsburg).

Vrystaters het vanjaar weer eens hul stem dik gemaak tydens die derde jaarlikse Spekboom-tennistoenooi wat in Cradock, Oos-Kaap, plaasgevind het.

Dié toernooi, wat elke jaar meer en meer gewild raak, word ondersteun deur tennisspelers uit die Vrystaat, Oos-Kaap, Grens en Eden-distrikte.

Die toenooi bestaan uit ses groepe in die 25+ tot 75+ ouderdomklas en elke groepe het vier spanne wat opgemaak word uit twee mans- en twee damespelers.

Twee spanne van die Vrysaat het in hul afsonderlike groepe gewen in die 75- en 65-oudersdomsgroep.

Rudi van Vuuren, June Smith, Isabel en Derick Louw het in die 65-oudersdomsgroep koning gekraai, terwyl Dries van Tonder, Margaret Bornman, Lettie Ferreira en Izak Buys ‘n meesterlike vertoning gelewer het in die 75-ouderdomsklas.

Die spekboom, waarna die toernooi vernoem is, is ‘n inheemse plant in die Cradock-area maar grooi in die meeste dele van die land. Die plant het veral die vermoë om koolsuurgas in suurstof om te skakel, en is ‘n gewilde voedsel vir veral olifante en koedoes. – MORGAN PIEK