Vrystaat verower SANW-rugbytitel

0
724

Georg van Eck

Die rugbyspan van die Vrystaat het weer ’n nasionale rugbykampioen. Die manspan van die Vrystaat is Saterdag as kampioen in die nasionale Weermag-rugbytoernooi op Heidelberg gekroon.

Die Vrystaatse vrouespan het ook uitstekend gevaar en het tweede geëindig. Verskeie Vrystaatse spelers en beamptes is vir die SANW-spanne gekies, wat waarskynlik in wedstryde teen die Valke sal speel..

Vrystaat se mans het in hul segetog met Suidoos-Kaap 17-8, Boland 42-6 en in die eindstryd Saterdag met Gauteng 30-24 afgereken. Die Vrystaat se vurige flank MC Kiewiet word ook as die Speler van die Wedstryd ná die eindstryd aangewys.
Vrystaat se vrouespan het in hul eerste wedstryd naelskraap 7-10 teen Boland vasgeval, maar daarna met Noord-Kaap 7-5 en Westelike Provinsie 17-5 afgereken.

Lt.-Kol. Hansie Yzelle is die bestuurder van die SANW-span en AO2 A. Assegaai die begasiemeester.
Ses Vrystaters, A. Petrus, Z. Fransman, F. Baumeester, Q. Maasdorp, C. Antonio en D. Nortje, het die SANW-span gehaal.
Die voormalige Vrystaatse vleuel, Eustace Lemmetjies is as hoofafrigter van die SANW se Presidentspan aangestel met J. Klein as sy hulpafrigter .

Een Vrystater N. Leeu is ingesluit in die SANW se vrouespan.