E Copy

Date:

Vrystaat vereer Polisie-rugbyafrigters

GEORG VAN ECK

’n Derde Vrystaatse rugbyklub, Bloemfontein Polisie, wat ’n oopklub is en enige naskoolse spelers verwelkom op Bobbiepark in Fichardtpark, gaan aanstaande jaar nasionale blootstelling kry.
Nadat Polisie vanjaar met sy uithalerspel die Vrystaat-Cheetahs in Rustenburg in die Nasionale Klubkampioenskappe verteenwoordig het en die plaatkompetisie daar gewen het, het hulle vir die nuwe Gemeenskapbekerklubreeks van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gekwalifiseer.
Die top-20 rugbyklubs in Suid-Afrika (nie-universiteite klubs) gaan in die reeks speel wat op die uiters gewilde en suksesvolle FNB Varsitybeker en FNB Varsityskild-reekse gebaseer is.
Shimlas van Kovsies en Ixias van SUT verteenwoordig onderskeidelik die Vrystaat-Cheetahs in hierdie reeks vir universiteitspanne.
Polisie is reeds onder aanvoering van sy hoofafrigter, Barend du Plessis, en die klub se bestuurspan is hard aan die oefen, want die Gemeenskapsbekerreeks begin reeds in Februarie 2013.
Du Plessis is verlede week deur die Vrystaatse Rugbyafrigtersverening saam met sy hulpafrigter, Nico Nepgen, as die Vrystaat se Afrigters van die Jaar bekroon.
Rickus van Schalkwyk, voorsitter van die Bloemfontein Polisie-rugbyklub, wys daarop dat Polisie vanjaar drie spanne in die Vrystaatse liga gaan inskryf, wat ook ’n jong span sal insluit. “As ons getalle spelers dit regverdig, sal ons vier spanne in die veld stoot en dit sluit die Jongspan in. Jong skoolverlaters en werkende persone is dus baie welkom om hulle by die klub te kom aanmeld,” sê hy.
Polisie oefen reeds elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 18:00 op Bobbiepark.
Bloemfontein Polisie Rugbyklub se bestuur vir 2013 is: Rikus van Schalkwyk (voorsitter), Johan Lewis (ondervoorsitter), Johan le Roux (sekretaris), Marnus van Wyk (tesourier), Renier Steyn (klubkaptein), Francois Pulzone, Jacques du Plooy en Barend du Plessis (bykomende lede).

Share post:

Popular

More like this
Related

Aunt arrested after missing toddler found dead

The Free State police have confirmed the tragic discovery...

Veterane by Oorlogmuseum byeen vir Herdenkingsondag 2025

Veterane van verskeie militêre takke het Sondag (9 November)...

Police step up water safety in Free State

Despite a steady decline in recent years, the Free...

Bloem-gesinsman verower wêreld se topmarathons

'n Bloemfonteinse geoktrooieerde rekenmeester en gesinsman het pas een...