Vrystaat Nasorgsentrum hou ‘n Snuffelmark

0
3261
Vrystaat Nasorgsentrum se Snuffelmark

Vrystaat Nasorgsentrum se Snuffelmark!!

Waar: In die saal en op die veld buite die saal, van die Vrystaat Nasorgsentrum. Dis geleë te Lilyvale op die pad na die Botaniese Tuine en is aangrensend tot Lettie Fouché Skool.

Tyd: 09:00 – 13:00

Datum: Saterdag, 9 April 2016

Betalingswyse: Kontant

Te koop:

  • Hope boumateriaal soos hout en yster. Bring daardie bakkie vir inlaai!
  • Splinternuwe artikels – snuisterye soos ‘n kisstoel, muurbordjies, flexilights, kersfeesversierings, lessenaars, jas- of hoedehakke, kruise, staanlampe, kaartjies, kombuisbakke, plekmatjies, tabletoortreksels, trougeskenke,  babakamergoed, rakkies, sepies, kaartjies.
  •  Goeie tweedehandse artikels soos kantoormeublement, skryfbehoeftes, tafels, werksbanke, yskaste.
  •  Pragtige nasorgprodukte soos vetplantjies, houtprodukte en  pottebakkery – gebak en ongebak.

Kom tot die tand toe gewapen met kontant want die produkte verkoop vir ‘n appel en ‘n ei – sommige artikels vir so min as R10.

Vir navrae skakel die nasorgsentrum by (051) 436-6034.