Vrystaat Landbou: Die polisie moet meer doen om boere te beveilig

0
653

CHRISTAL-LIZE MULLER

Vrystaat Landbou veroordeel die twee afsonderlike plaasaanvalle gister in die provinsie waarin drie mense dood is ten sterkste. Voorsitter van die organisasie se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, sê die polisie moet meer doen om landelike veiligheid te bevorder. Hy sê boere moet beskerm word omdat hulle sagte teikens is.

Esterhuyse doen ‘n beroep op landbougemeenskappe om hulself te beveilig en meer paraat te wees om voedselsekerheid te verseker. Die 68-jarige Martie Bester se verbrande lyk is gister in ‘n plaashuis waarin sy woon by Theunissen gevind. Brandstigting word vermoed. Nog niemand is gearresteer nie. In Bainsvlei by Bloemfontein is ‘n bejaarde egpaar se lyke naby hul kleinhoewe deur een van hul vermeende aanvallers uitgewys. Toon en Rienie Swanepoel is na bewering deur drie mans in hul huis oorval en beroof. Drie verdagtes is weens die voorval in hegtenis geneem.