Vrystaat Kunstefees se kunsmark: Aansoeke nou oop

0
207
FOTO: Vrystaat Kunstefees

Aansoeke vir die 2024 Vrystaat Kunstefees Kunsmarkte is nou oop. Die Kunstemark is ’n groot bron van inkomste vir die fees, en ’n groot ekonomiese inspuiting vir die Vrystaat.

Volgens die Vrystaat Kunstefees word sowat 400 stalletjies ondersteun, wat wissel van handgemaakte handwerk, kos en bier tot ‘n verskeidenheid gemeenskapsgroepe.

Die fees neem kennis dat stalletjie-eienaars van regoor Suid-Afrika en toenemend van ander Afrika-lande kom, met ‘n baie hoë standaard wat deur die feesorganiseerders en die Universiteit van die Vrystaat gehandhaaf word.

Vir meer inligting oor die Kunstemark besoek www.vrystaatkunstefees.co.za/arts-market.

Om aansoek te doen besoek: https://form.jotform.com/232903303269352?fbclid=IwAR1A5oSmwgLRgOm-XHbJI8EKRACCJ6KsqdBsCTl19U5l5Ny366dE6HCza3k

Saamgestel deur Justine Fortuin