Vrystaat Fietsry se Junior Sportmanne van die Jaar

0
526

Presteerders van jonk tot oud het op Vrystaat Fietsry se jaarlikse prysuitdeling-onthaal in Bloemfontein trofeë, sertifi kate en toekennings ontvang ná ’n baie suksesvole jaar van fi etsry in die provinsie. Van die jong kranige fi etsryers het selfs in die buiteland in twee verskillende dissiplines, baanfi etsry en padfietsry, presteer. Daar is ook toekennings aan die top-bergfietsryers gemaak. Daniël Stroebel (links) en Nicol Germishuis, is deur Vrystaat Fietsry as die Junior Sportmanne van die Jaar bekroon. Stroebel, wat Suid-Afrika op die Junior Wêreldkampioenskappe in Invercargill, Nieu-Seeland verteenwoordig het, is die baanfietsry se Junior Sportman van die jaar en Nicol Germishuis wat sy land op se Afrika Kontinentale kampioenskappe in Burkino Faso verteenwoordig het, is padfietsry se Junior Sportman van die Jaar.