Om vry te wees is so vanselfsprekend. Ja, om gelukkig te wees, word maklik ‘n gegewe. Die twee beginsels is dikwels aan mekaar gekoppel. Die Bybel ken dit en beskryf dit baie mooi: “ons is slawe van die sonde”. Dit beteken daar is min vryheid en jy kan jouself nie werklik beskryf as gelukkig as jy in sonde lewe nie. In ons land word die begrip ‘vryheid’ maklik polities gesien en ingeklee. Die Bybel praat egter van “vry van sonde en vry van jou eie ek”. Uiteindelik is dit juis ons eie planne wat net oor onsself gaan wat ons bind en ons geluk in die lewe wegneem. Jy kan nie gelukkig wees op jou eie nie, jy het mense nodig. Jy kan nie vry wees as jy ander benadeel en afbreek nie. Ghandi het dit mooi beskryf: ” My life is my message!” Ons is hier om ambassadeurs vir God te wees – om geluk met ander te deel en vry te wees van die bande van ons eie gedagtes en negatiewe optrede. Om vry te wees is ‘n reis na geluk. Is dit nie wat beskryf word in Matt. 5 met die woorde: “Gelukkig is julle…” nie?
Ds. Stephan van Heerden