Vroue uitgenooi na Chosen-kongres

0
850
Charmaine Grundlingh wat optree as oofspreker by die Chosenkongres.

Vandeesmaand is daar ‘n groot bederf vir vroue by die AGS Siloam-gemeente in Universitas wanneer die Chosen-kongres die eerste keer in Bloemfontein aangebied word. Die kongres vind plaas op 11 en 12 Maart.

Volgens Deirdre van Wyk is die hart van die Chosenkongres om vroue toe te rus, te bemagtig en bewus te maak van die plan wat die Here vir hul lewens het. Die kongres sal hulle help om hul identiteit in Christus te vind en Hom te ken in hul daaglikse lewe en die besluite wat hulle moet maak.

“Ons sien uit om hande te vat as vroue van alle gemeenskappe en verskeie kerke, en dan saam ‘n verskil te maak in Bloemfontein en selfs die platteland.”

Kaartjies vir die kongres kos R200 per person. Vir navrae, kontak Deirdre op 083 561 6611.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za