Vroue mag maar leiding neem

0
1525

HORACE TERRY

Die laaste paar dekades het vroue op baie gebiede na vore begin tree en leiding geneem.
Daar is ongelukkig nog een gebied waar vroue gebrandmerk word as onkundig, en dit is op die gebied van finansies.
Dan is daar ook nog die ou opmerking dat vroue geneig is om meer te spandeer as mans. Is die opmerking geregverdig of is dit slegs ‘n stereotipering van vroue en finansies? Eerstens is die opvatting dat vroue meer spandabelrig is met geld, en meer van dit spandeer as mans, nie waar nie.
Navorsing deur die Consumer Expenditure Survey from the Bureau of Labour Statistics het bevind dat vroue net soveel as mans spandeer, vroue spandeer net hul geld op ander tipe items as mans. Waar vroue wel effens tekort skiet, is in hul beplanning vir aftrede.
Studies toon hoewel vroue langer leef as mans, en ook meer onderbrekings in hul loopbane het om na familie-aangeleenthede om te sien, hulle steeds minder erns maak met hul voorsiening vir aftrede as mans. Hoewel vroue baie betrokke is by die finansies van die huishouding, is dit asof vroue uiters versigtig is om beleggingsbesluite te neem.
Daar moet eers een of ander groot gebeurtenis in die meeste vroue se lewens plaasvind voordat hulle tot aksie oorgaan en begin spaar.
Navorsing dui daarop dat hierdie siening waarskynlik afkomstig is van die aanvaarding dat vroue sal trou, en dan sal hul mans voorsien en sorg. Wanneer vroue wel beleggingsbesluite neem, neig hulle om baie konserwatief te wees, en belê in instrumente met swak reële opbrengste oor die langtermyn.
Mans is weer geneig om meer risiko te neem, maar wil ook te veel kere veranderings aan hul beleggings aanbring wat kan lei tot ‘n dekonstruktiewe spaar- of beleggingsstrategie. Alles is egter nie verlore nie.
Onlangse navorsing dui daarop dat vroue tot 40% meer tyd spandeer om navorsing te doen rakende effektetrustfondse as mans, wat daartoe kan lei dat vroue ‘n meer ingeligte besluit kan neem ten opsigte van beleggings. Dit is egter baie belangrik dat vroue hul finansiële toekoms in hull eie hande moet neem.
Inligting bekom van Glacier Navorsing