Vrou val na haar dood in Mediclinic Bfn

0
2591

SABRINA DEAN & MARINÉ JACOBS

‘n Ses-en-veertig-jarige vrou van Bloemfontein het Donderdag omstreeks 15:00 in Mediclinic Bloemfontein van die sewende verdieping na haar dood geval.

Hospitaal-woordvoerder, Kassie Karstens sê Sannie Botha het saam met haar man in ‘n dokter se spreekkamer gewag.

Sy het op ‘n stadium uitgegaan en haar man het haar later gaan soek. Toe hy haar nie kry nie het hy na die grondverdieping gegaan. Hy was by ontvangs om na haar te vra toe die voorval plaasvind.

Volgens Karstens was Botha een van die eerstes op die toneel en sê ooggetuies dat sy gespring het. Sy is op slag dood.

Die toneel is onmiddellik opgeruim en die polisie is tans by die hospitaal.