#VredeDairy: Hoof van die Vrystaatse Departement van Landbou nié aangekeer nie, sê Valke

0
1202
Peter Thabethe

Die Valke het mediaberigte ontken dat die hoof van die Vrystaatse Departement van Landbou, Peter Thabethe, vanoggend by sy huis in Bloemfontein in hegtenis geneem is.

Daar word berig dat Thabethe as deel van die Valke se ondersoek na die beweerde bedrog van miljoene rande by die omstrede Vrede-melkprojek in die Vrystaat aangekeer is en na verwagting glo vanmiddag of môre in die hof in Bloemfontein sal verskyn.

Dit kom nadat die Valke vanoggend ‘n klopjag by die Gupta-woning in die spogwoonbuurt, Saxonwold, in Johannesburg uitgevoer het. Valke-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het aan OFM-nuus gesê drie mense is vanoggend tydens die klopjag in Gauteng in hegtenis geneem.

Hy wou nie bevestig of een van die verdagtes ‘n Gupta-broer is nie.

Mulaudzi hou vol dat Thabethe nié deur die Valke in hegtenis geneem is nie.

Christal-Lize Muller/OFM Nuus