Voortrekkers VS verkies nuwe gebiedsdagbestuurders

0
692
Van links: Thian Heyns, Annemie Bosman, Willie Engelbrecht, Marietjie van der Walt, Jan van der Walt en Tristan Visser. FOTO: Jan van der Walt.

Die Voortrekkers van die Vrystaat het die nuwe gebiedsdagbestuur vir die 2023- tot 2027-termyn verkies.

Volgens die Voortrekkers Vrystaat se gebiedsleier, Willie Engelbrecht, is hulle verkies tydens die vierjaarlikse Kongres van Die Voortrekkers wat die afgelope naweek te Graaf-Reinete gehou is.

“Die nuwe Gebiedsdagbestuur is Vrydagmiddag ingehuldig in die histories NG Kerk in die middel van die dorp,” sê Engelbrecht.

Die nuwe gebiedsdagbestuur is soos volg: Thian Heyns – AGL Verkenners, Annemie Bosman – AGL Penkop en Drawwertjiesake, Willie Engelbrecht – Gebiedsleier, Marietjie van der Walt – AGL Finansies, Jan van der Walt – AGL Volwassesake en Tristan Visser – Gebiedsekretaris.

Saamgestel deur Justine Fortuin