Voorste junior spelers laat die skeie in jukskei klap

0
2142

Meer as 200 junior jukskeispelers van Noord-, Oos- en Suid-Vrystaat, Noord-Kaap en die Fezile Dabistreek
het op Muddplein in Bloemfontein saamgetrek vir die Streekstoernooi van die unies. Net die
top-spanne van elke unie en streek was in aksie en 34 spanne het in die verskillende afdelings sake
uitgespook. Die span van Noord-Vrystaat het die A-Afdeling gewen.