E Copy

Date:

Voormalige Vrystaatse premier, man aangeval op plaas by Heilbron

Die Vrystaatse polisie soek na ’n groep van vier mans nadat ’n oudpremier en haar man Maandag (4/3) in die vroeë oggendure op hul plaas, Holfontein, in die Heilbron-distrik aangeval is.

Sisi Ntombela (66) en haar man, Madala (68), het tussen 02:00 en 03:00 wakker geskrik toe ’n groep onbekende mans hul slaapkamerdeur probeer oopmaak het. Die verdagtes het daarin geslaag om die egpaar te oorrompel en hulle in die slaapkamer te oorval.

“Verskeie eenhede (was laat Maandagoggend) steeds op die toneel en volg alle moontlike leidrade op,” sê Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Odersoeke duur vir eers voort op ’n aanklag van huisroof.”

Die verdagtes het die huis vir geld deursoek en die egpaar se selfone, bankkaarte en ander items gesteel. Sisi Ntombela het ná die aanval na die werkers se blyplek gegaan om hulp te kry om die polisie te ontbied.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte Mosiuoa Mokhethi by 082 525 2303 bel, of die Stop Misdaad-nommer by 08600-10111. Anonieme wenke kan ook op die MySAPS-toepassing gegee word.

OFM Nuus/Zenande Mpame

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...