E Copy

Date:

Voormalige Blitsbok by Crusaders betrokke

GEORG VAN ECK

Eddie Fredericks, sal vanjaar as hoofafrigter, die leisels vat vir Bloemfontein Crusaders se aanslag in die nasionale Cell C Gemeenskapbeker-klubrugbykompetisie.

Die aankondiging is deur Ernest Beck, voorsitter van Crusaders Rugbyklub, gemaak nadat hy op die jaarvergadering van die klub as voorsitter herkies is.

Thys Botes sal Fredericks met die afrigting bystaan. As Fredericks, voormalige Blitsbok en Vrystaat Cheetah-speler, wat ook gereeld vir ander provinsiale spanne vleuel en senter gespeel het, weer die Toyota Vrystaat Cheetahs se Vodacombeker-span afrig, sal hy net as afrigtingskonsultant vir Crusaders optree en sal die klub ’n ander breier moet aanstel. Fredericks is ook betrokke by die Toyota Vrystaat Cheetahs se sewespan.

Hy en Botes neem oor by Jearus Nicholas en Johan Koen van Griekwas, wat Crusaders vanjaar met groot sukses afgerig het. Crusaders het die Rowanbeker in die Vrystaatse klubliga verower om te kwalifiseer om die Vrystaat in die Cell C Gemeenskapbeker-reeks te verteenwoordig. Vanjaar het Crusaders as een van die organiseerder se keuses (Wild Card) saam met Bloemfontein Polisie aan die nasionale klubreeks vir die Vrystaat deelgeneem.

Spelers van Crusaders is reeds besig om voor te berei vir hul aanslag in die Cell C Gemeenskapbeker-reeks. Van die spelers doen gimnasium werk, terwyl die amptelike oefeninge reeds Maandag in die Clive Solomon-stadion begin.

Crusaders het geen maklike taak nie, want hulle is in die sterk B-groep ingedeel waar hulle teen College Rovers (KZN), Roodepoort (Goue Leeus), Welkom Rovers (Griffons) en Wild Card 3 in die uitspeelrondtes te staan sal kom om vir die finale toernooi op Outeniquapark in George tydens die Paasvakansie van 17 tot 21 April te kwalifieer.

Die uitspeelwedstryd vind op vyf agtereenvolgende Saterdae van 8 Maart tot 5 April plaas. Van die wedstryde sal regstreeks op TV uitgesaai word.

Die spanne in die ander groepe is:
Groep A –Despatch (OP), Bridgton (SWD), Old Selbornian (Grens), Wild Card 1 en Wild Card 2.
Groep C – Brakpan (Valke), Centurion (Blou Bulle), Roses United (Boland), Noordelikes (Limpopo) en Wild Card 4.
Groep D – Rustenburg Impala (Luiperds), Hamiltons (WP), Sishen (Griekwas), Shumba Ferros (Mpumalanga) en Wild Card 5.

georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...