Voorlopige Vrystaat Cravenweekspan bekend

0
820
Mark Steenbok

Die Vrystaat o.18-rugbyspan se voorlopige groep spelers vir die 52ste Cravenweektoernooi vir hoërskole word vanjaar deur onder andere Grey-kollege en HTS Louis Botha gedomineer.

Die toernooi vind van 29 Junie tot 3 Julie by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch plaas en Grey (13 spelers) en Louis Botha (8) maak die meederheid uit van die groep van 22 spelers.

Die enigste ander verteenwoordiger is die losskakel Tiaan Schutte van Jim Fouché. Die groep sluit ook vier spelers met Cravenweek-ervaring in, naamlik IG Prinsloo, Khanya Gela, die slot Kian Skippers en flank Jurie Burger.

Die voorlopige span sal Maandag op Hoërskool Diamantveld, Kimberley teen die Griekwas te staan kom. Die wedstryd sal dien as finale proewe. Die span sal eers na die wedstryd gefinaliseer word.

Volgens Corné Erasmus, een van die span se afrigters, is dit tyd dat ‘n Vrystaatspan weer glorie by ‘n Cravenweek toernooi smaak.

“Om ‘n Cravenweekspan af te rig is beslis anders as om ‘n hoërskoolspan af te rig in die sin dat jy minder tyd het om voor te berei (vier weke). Dis hoekom ons staatgemaak het op kombinasies in spankeuses. Die Cravenweek is beslis die beste van die bestes teen mekaar,” sê Erasmus.

Wessel du Plessis, wat self in sy dae vir die Vrystaat-Cravenweekpan uitgedraf het, sal ook deel maak van die afrigtingspan.

Die Vrystaat was laas in 2011 as nie-amptelike kampioen aangewys toe hulle met die Goue Leeus in die eindwedstryd met 28-17 afgereken het.

Die span het verlede jaar met die einste Leeus afgereken op die eerste dag en het toe op die derde dag teen die OP-Kings, wat ook as amptelike kampioene gekroon is, verloor met 19-8.
 


VOORLOPIGE GROEP:

15. N. Durow (Grey-kollege)
14. G. Simelane (Grey-kollege)
13. F. Agenbach (Grey-kollege)
12. P. Serfontein (Grey-kollege)
11. L. Jones (HTS Louis Botha)
10. T. Schutte (Jim Fouché)
9. R. Kruger (Grey-kollege)
8. D. Schooneus (Grey-kollege)
7. J. Burger (Grey-kollege)
6. J. Mtshatsheni (HTS Louis Botha)
5. K. Skippers (HTS Louis Botha)
4. B. Rossouw (Grey-kollege)
3. G. Beukes (Grey-kollege)
2. D. Rust (Grey-kollege)
1. G. Kanya (HTS Louis Botha)

Reserwes
16. S. Brits (Grey-kollege)
17. I. Prinsloo (Grey-kollege)
18. K. Marumo (HTS Louis Botha)
19. S. Luwaca (HTS Louis Botha)
20. H. Nel (Grey-kollege)
21. K. Kermis (HTS Louis Botha)
22. T. Heyns (HTS Louis Botha)

Hou in gedagte dit is slegs ‘n voorlopige span en kan nog verander. Die finale span word Maandag na die westryd teen die Griekwas gefinaliseer.