E Copy

Date:

Vonke gaan spat in die Vrystaatse Stadsbeker-rugbyliga

GEORG VAN ECK

Sommer met die intrapslag gaan die vonke in die 2013 Stadsbeker-klubrugbyliga spat wanneer drie wedstryde Saterdag op Bobbiespark en Shimlapark in Bloemfontein beslis word. Op Bobbiespark pak die twee voorste oop klubs, Bloemfontein-polisie en Crusaders mekaar nadat albei spanne die Vrystaat in die Cell C- nasionale klubreeks verteenwoordig het en dus goed voorbereid is.
Vir albei spanne is dit ’n uiters belangrike kragmeting omdat ’n sege die eerste tree in die regte rigting is om vir aanstaande jaar se Cell C- nasionale klubkompetisie te kwalifiseer.

Die ander twee kragmetings kan as ’n Bloemfonteinse Intervarsity op Shimlapark beskryf word wanneer die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) en Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se spanne mekaar pak. Die diepte en reserwekrag van die Kovsies gaan gewis in die Stadsbeker-liga getoets word. Shimlas, houers van die Stadsbeker, verdedig hul Vrystaatse titel en sal saam met die Irawas die Kovsies verteenwoordig, maar sal weens spelers wat deur die Vrystaat, Griekwas en Griffons in die Vodacombeker-reeks gebruik word asook beserings, sonder 18 van hul staatmakers die Stadsbeker-liga moet aandurf.

Onder die spelers wat nie beskikbaar is nie, is Oupa Mohoje, Nico Scheepers, Kevin Luiters, Schalk van der Merwe, André van der Walt, Nick Shonert, Reinhardt Erwee, Robbie van Schalkwyk, Freddie Ngoza, Luan de Bruyn, Pieter Steyn de Wet en Nico Scheepers, om maar net ’n paar te noem. Dit gee egter blootstelling aan ander spelers om vir die mededigende FNB Varsitybeker-kompetisie aanstaande jaar geslyp te word en is ’n uitdaging vir Michael Horak en sy afrigtingspan.

Shimlas en Irawas se sterkste teenstand sal ongetwyfeld van die twee spanne van SUT, Ixias en Tjisas, kom. Ixias het pas onoorwonne die FNB Varsityskild verower, maar word ook verswak deurdat drie spelers, Inus Kritzinger, Danie van der Merwe en Deon Gouws, deur die Griffons nadergetrek is.Tjisas het baie goed in die oorkruisliga van die Vrystaat en die Griffons om die Uitdaagbeker gevaar. Die bepalings vir die eerste ronde van die Stadsbeker-klubrugbyliga Saterdag is: Bobbiespark: Bfn-polisie t Crusaders. Shimlapark: Irawas t Ixias. Shimlas t Tjisas.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...