Volstruis bedryf steeds in die knyp. Mei 2012

0
5089

OWEN KOCK

Die Suid-Afrikaanse Volstruisbedryf is steeds in ‘n stryd gewikkel met die Europese Unie om die opgeskorte uitvoerstatus gelig te kry.
Dit volg na volstruise in die Klein Karoo vroeër vanjaar positief getoets het vir ‘n lae patogeen voëlgriep (avian influenza) en dit het daartoe gelei dat alle uitvoere van volstruisvleis vir ‘n jaar opgeskort is. 

Volgens Piet Kleyn, die waarnemende hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Volstruis Besigheidskamer in Oudtshoorn, is daar onderhandelinge met die EU aan die gang om die verbod op uitvoere gelig te kry.  Vere, leer en ander verwante produkte word nie geraak nie, en terwyl die lae patogeen net by ‘n paar volstruise in die Oudtshoorn gebied getoets is, is die verbod van toepassing op volstruisboere regoor die land.

Vleis vir die plaaslike mark, het die Suid-Afrikaanse Volstruis Besigheidskamer gesê, is veilig en daar is geen rede tot kommer nie., aangesien dit nie hoë vlakke van patogeen wat die bedryf verlede jaar lam gelê het, is nie.