Voetspore-projek beoog om 800 pare in te samel

0
620
Some of the Pentagon Pistols Runners in action. PHOTO: Supplied

Die jaarlikse Voetspore-projek is weer terug en hierdie jaar beoog hulle om 800 pare in te samel. ’n Amptenaar van die Departement Politieke Studie en Regeerkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, Juanita Potgieter, staan aan die spits van die projek en het dit in 2016 begin.

“Ons het verlede jaar 678 pare skoene ingesamel. Ek wil graag, met St Andrews wat bykom, kyk of ons dit nie 800 pare kan maak nie,” sê Potgieter. Die ander hoërskole wat vanjaar deelneem, is Jim Fouché Hoërskool, Grey Kollege, Oranje Meisieskool, St Michaels en Sentraal.

Die laerskole wat deelneem is Tjokkies en Jim Fouche Primêr. “Ek wil net baie dankie sê vir al die skoliere wat onbaatsugtig geskenk het in die verlede en aan dié wat daarna uitsien om in die toekoms skoene te skenk. Elke paar skoene maak ‘n verskil vir iemand wat nie skoene het nie,” sê Potgieter.

Die gemeenskap kan haar kontak by 084- 7495-160 as daar bruikbare skoolskoene en selfs tekkies by die huis rondlê wat nie weer gedra gaan word nie.

“Ons is veral op soek na kleiner skoentjies waaruit kindertjies gegroei het. Ek sal dit dan óf by die mammas gaan afhaal óf ons kan reël dat dit by ’n sentrale punt afgelewer word.”

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za