Voetspoorfees ‘n dag vir hele familie

0
126
Roan Ash FOTO: FACEBOOK

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Emoya-Voetspoorfees waar familie en vriende bymekaarkom en lekker in die natuur kan ontspan.

Die fees vind vanjaar vir die sewende keer plaas en beloof om groot pret vir oud en jonk te wees.

Elandré FOTO: FACEBOOK

Kunstenaars soos Elandré, Roan Ash, The Black Cat Bones, Shared Address en vele meer gaan feesgangers op twee verhoë vermaak.
Daar word voorsiening gemaak vir elkeen se smaak met ‘n kaas-en-wyntent vir wynliefhebbers sowel as ‘n biertuin waar craft-bier verkoop word. Dit geld natuurlik net besoekers ouer as 18 jaar.

Tussen deur die proe en kuier deur kan besoekers hulself vermaak deur die gewilde beer chipping-speletjie te speel of by die beer pong-tafel aan te sluit vir groot pret.
‘n Speelarea sal sorg dat die jongspan vermaak word, terwyl mini-wildbesigtigingsritte in almal se smaak sal val.

‘n Groot aantal kosstalletjies word opgerig om voorsiening te maak vir honger mae en eetgoed om van te kies en te keur beloof om feesgangers se mond te laat water.
Die fees is beslis ‘n moet-bywoongeleentheid. Dit vind op Saterdag 3 November by Emoya Estate plaas. Kaartjies is vooraf beskikbaar teen R100 per persoon of R120 by die hek. Kinders onder 12 jaar betaal slegs R50 en kinders onder vier jaar gaan verniet in.

Vir meer inligting, bel gerus 051-436-8471/3175, stuur ‘n e-pos na info@emoya.co.za of besoek hul webtuiste by www.emoya.co.za. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za