Voertuig ploeg deur telefoonboks

0
2720
Die ongelukstoneel in Olympusweg (Netcare911)

‘n Bloemfonteinse man het met geringe beserings ontsnap nadat hy vroeg vanoggend beheer oor sy Land Rover verloor het en in ‘n Telkom-boks vasgery het.

Netcare 911 se woordvoerder, Chris Botha sê die ongeluk het ná vier-uur vanoggend in Olympusweg plaasgevind.

Hy sê die man is op die toneel behandel en na ‘n nabye hospitaal geneem. Intussen is nog twee mans met beserings gelaat nadat ‘n Volkswagen Polo omstreeks 00:10 teen die agterkant van ‘n Pajero in Nelson Mandelarylaan gebots het.

Owerhede ondersoek die oorsaak van albei botsings.

Mark Steenbok- Courant Nuus