PIETER MöLLER
Vleisprodusente kan in die volgende 4 jaar beter vooruitsigte verwag as ander jare.
Vleiskenner, Peter Milton, sê hoewel skaapvleispryse in Oktober verlede jaar effens gedaal het, het dit weer aan die einde van die jaar verstewig weens die tradisionele seisoenale neigings.
Volgens Milton het speenkalfpryse met 8% gestyg namate die aanvraag die aanbod oorskry het gedurende die einde van die bemarkingseisoen. Hy sê die voerkraalbedryf raak ook al hoe meer gesog.
Milton sê hy voorspel ‘n positiewe tydperk vir die bedryf.