Viere keil mekaar in rolbal op

0
829

Twee spanne van Orangia Rolbalklub het mekaar in die eindronde van die Middel van die Week-viere op die perke van Oudstudente Rolbalklub in Bloemfontein gepak. Dit was die span van Marie Peyper, Johann Bester, Obie en Engela Oberholster wat teen Jan en Lucia Lombaard, Ellie Hammond en Heinz Seebach te staan gekom het. Goeie spel is gelewer en dit was die span van Jan Lombaardwat as die wenners uit die stryd getree het.