Vier Vadersdag so!

0
911
Calendar page in planning concept

Voor ons ons oë uitvee is dit weer Kersfees, maar die komende Sondag (19/6) vier ons eers die pa’s in ons lewens. Die spesiale dag word jaarliks op die derde Sondag in Junie gevier.

Mense wat die dag vier, bederf gewoonlik hulle vaders op die dag. Pa’s ontvang waarskynlik ‘n lekker ontbyt in die bed, dan doen die gesin ietsie lekkers saam, en geskenke word oorhandig. As jy vanjaar nie seker is oor hoe om jou pa te bederf nie, het ons vir jou ‘n paar blink idees saamgestel om die dag te vier.

  1. Brandkop Estate bied ‘n heerlike Vadersdagete van 12:00 tot 15:00 aan. Jy kan uitsien na tuisgemaakte sop, lamskenkels, hoenderkerrie en ‘n heerlike nagereg. Vir besprekings kontak 076 679 8076.
  2. Bederf jou pa met ‘n kosfees by BON Hotel teen R285 per person.
  3. Koop vir Pa sy gunsteling biltong, droëwors, sjokolade of Rooibaard-sous by CARVE – Biltong workshop in Mimosa Mall. Kontak 082 823 4030 vir meer inligting.
  4. Is jou pa ‘n koffieliefhebber? Kry vir hom ‘n brewspoon en ‘n spesiale pakkie koffie teen R220 by die Bloemfontein Coffee Roasting Co.
  5. Neem jou pa na ‘n spesiale braai saam met Sjef Patso by D’ou Jardin Café, Abramskraallaan 38, Bainsvlei. Kies tussen verskeie tipes vleis (individueel geprys) en betaal R170 vir die buffet wat uit verskillende soppe, broode, slaaie en groente bestaan. Bel 079 882 6714 om te bespreek.
  6. Koop ‘n geskenk, wat ook minderbevoorregtes sal baat, by die Angel Hearts Werkswinkel in Dan Pienaarrylaan. Hulle is daagliks van 09:00 tot 16:00 oop

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za