Vier “Rambo Squad” konstabels weer in hof

0
785

LANIE FOUCHE – Vier konstabels van die sogenaamde "Rambo Squad" sal vandag weer in die Ficksburg Landdroshof verskyn in verband met die aanranding van inwoners van Ficksburg en Meqheleng.
Die vier is tydens ‘n vroeër verskyning op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle staar twee aanklagte van algemene aanranding en drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig. Woordvoerder vir die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat, Moses Dlamini, sê hulle is borg met voorwaardes toegestaan. Die direktoraat het ‘n ondersoek geloods nadat dit klagtes van die gemeenskap ontvang het oor beweerde aanrandings waarby die polisiebeamptes betrokke was. Een van die slagoffers, ‘n vrou, is na bewering deur ‘n polisievoertuig omgery.