E Copy

Date:

Vier mans sterf in brande

DUANE PETRUS

Brande in wonings het die afgelope naweek in twee aparte gevalle vier mans van Bloemspruit in Bloemfontein se lewens geëis.

In die eerste geval het ‘n 33-jarige man net voor 2 uur Saterdag oggend gesterf toe die paraffienlamp in sy sinkhuis omgeval het en ‘n brand veroorsaak het.

Drie ander mans het Sondagoggend in ‘n brand gesterf wat vermoedelik deur ‘n tweeplaatstoof wat deur die nag aangelos is, veroorsaak is.

Die polisie se konstabel Werner van Tonder sê daar is dikwels ‘n toename in die getal brande gedurende die winterseisoen.

Die polisie het ‘n beroep op inwoners gedoen om versigtig wees met verwarmers, tweeplaatstowe en ander elektriese toerusting wat brande kan veroorsaak.

Share post:

Popular

More like this
Related

Decision made on AARTO implementation

A decision has been made by the Department of...

Another toddler reported missing in Glen

Free State police in Glen are appealing to the...

Pacofs partners with Free State schools to inspire future theatre-makers

The Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs)...

CUT leads the charge in building resilient universities

The Central University of Technology (CUT) in Bloemfontein hosted...