Datums vir die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes (SASAPD) se Nationale Kampioenskappe is vanoggend (1 Maart) bekendgestel. Die kompetisie word in Bloemfontein gehou tussen 21 en 25 Maart.
Tydens die aankondiging is vier betrokkenes vereer met Protea-kleure vir hul bydrae tot verskeie sportsoorte wat onder die Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes se kategorieƫ val.
Eerstens was Louzanne Coetzee se gidse, Claus Kempen en Estean Badenhorst, vereer met hul groen baadjies.
Badenhorst het vertel: āDit is ān baie groot voorreg om so vereer te word, en dit is altyd ongelooflik om jou land so te verteenwoordig na al die lang ure wat ons al drie insit, ek, Claus, en Louzanneā.
Hy sien ook uit om by die Nationale Kampioenskappe vir mense te wys dat harde werk ook vrugte pluk.
Kempen het bygevoeg: āEk dink nie dit sink al heeltemal in nieā. Hy het vertel dat hy vir sy kinders gaan wys wat hy bereik het.
āDie realiteit van dit dink ek nie ek besef hoe groot voorreg dit is nie. Dit maak ān mens baie trots, en ek dink ek wil dit deur my kinders se oĆ« gaan sien wanneer ek vir hulle wys,ā het hy gesĆŖ.
In die rolstoelsport Boccia, is die span se arbeidsterapeut, Marisa Potgieter, ook vereer vir haar bydrae tot die sport.
āDit beteken vir my die wĆŖreld, natuurlik met al die ondersteuning van SASAPD en FSSAPD,ā het sy vertel, āsonder my man was dit ook nie moontlik nieā.
Sy het ook bygevoeg: āEk het sommer hoendervleis, want dit is regtig net ongelooflik om jou land oorsee te kan verteenwoordig.ā
Vincent Ramochela het sy Protea baadjie verdien vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse Boccia ster Karabo Morapedi se sukses.
āEk is baie baie gelukkig met die baadjie!ā het hy opgewonde vertel. Oorspronklik ān sekuriteitswag by Martie du Plessis Spesiale Skool, is Ramochela nou ān integrale lid van die Suid-Afrikaanse Boccia span, asook ān skeidsregter en āramp operatorā vir die sport.
Die Nationale Kampioenskappe vir atlete wat liggaamlik gestremd is word regoor Bloemfontein aangebied, insluitend die Universiteit van die Vrystaat, Martie du Plessis skool, Tempe, en die Training Edge Gym in Fichardt Park.
Warren Hawkins