Vier 20 jaar se solidariteit met kankeroorwinnaars

0
631
'n Jong meisie wat se hare gespuit word ter ondersteuning van die Shavathon-veldtog in 2022. FOTO: Kansa

Dit is weer tyd om te skeer, te spuit en te skenk aan Kansa met die jaarlikse #CANSAShavathon fondsinsamelings geleentheid wat op Saterdag 25 Februarie 2023 by Checkers Hyper in Fleurdal en by Prellerplein plaasvind.

Shavathon vier sy 20ste bestaansjaar en dit is een van die hoogtepunte op die Kansa-kalender. Bring families, vriende en kollegas saam in solidariteit met kankeroorwinnaars. Volgens Jeanne Rawlinson van Kansa is haarverlies ’n algemene newe-effek van kankerbehandeling. Deelnemers toon hul ondersteuning deur ’n fooi te skenk om hul hare te skeer of te kleur.

“Om in ’n verskeidenheid kleure te spuit of te skeer vereis ’n skenking van slegs R50 per volwassene en R25 vir kinders onder 12. Alle fondse wat ingesamel word, gaan direk na Kansa se opvoeding[1]en siftingsinisiatiewe, asook sorg- en ondersteuningsdienste aan kankerpasiënte en geliefdes,” het Rawlinson gesê.

Sy het bygevoeg dat in die afgelope twee dekades, baie bekendes en persoonlikhede soos Mark Pilgrim, Mi Casa, Freshly Ground, The Parlotones, Daniel Baron, Marc Lottering, Danny K, Toya Delazy, Gert-Johan Coetzee, Natalie du Toit en vele meer deel was van Shavathon. Hulle het hul tyd, talente en ondersteuning aan kankeroorlewendes gegee.

Vind uit hoe jy Kansa kan ondersteun by shavathon.org.za Werkplekke, besighede, klubs, organisasies en skole kan ook van 27 Februarie tot 31 Maart 2023 hul eie geleenthede aanbied om hierdie inisiatief te ondersteun.

Vir besighede en skole se Shavathon-besprekings, kontak Jeanne Rawlinson by 079-572-4842 of stuur ’n e-pos na jrawlinson@cansa. org.za

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za