VIDEO: Laerskool Fichies bedank hul onnies vir hul harde werk

0
1576

CHRISTAL-LIZE MULLER

Wêreldonderwyserdag word jaarliks op 5 Oktober deur die Verenigde Nasies gevier om erkenning aan leerkragte te gee vir hul harde en toegewyde bydrae tot onderwys oor die wêreld heen. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die ATKV vier egter dié belangrike dag môre, omdat 5 Oktober in die skoolvakansie is wanneer skole gesluit is. Fedsas en die ATKV se tema vanjaar is: “Belê in die toekoms, belê in onderwys.” Fedsas se adjunkhoof, Jaco Deacon, sê onderwysersdag bied aan beheerliggame en leerlinge asook ander belanghebbendes oor die land heen die geleentheid om hul waardering teenoor onderwysers uit te spreek en hulle heerlik te bederf. In die lig daarvan het leerlinge van die Laerskool Fichardtpark in Bloemfontein vandag al 63 personeellede en personeel wat smiddae by die skool verbonde is, met heerlike peuselhappies bederf. Van die onderwysers het ook briewe met mooi boodskappe van die leerlinge ontvang. ‘n Gr.1-onderwyser, Emsie Lloyd, wat al die afgelope 12 jaar die gr.1’tjies parrabeetjie by die skool onder haar vlerk neem sê dit beteken baie onderwysers om die nodige erkenning te kry. Hier is Lloyd nog ‘n onderwyser by die skool, Rika Stevens, op hul pos in Lloyd se gr.1-klaskamer.

Kliek hier om te sien hoe mooi sê Fichies dankie.
www.youtube.com/watch

Video: Christal-Lize Muller