LANI FOUCHÉ
Bloemfonteiners is vanoggend by die Loch Logan Waterfront verras met ‘n sogenaamde "flash mob" om Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede te vier.
Die bekende Afrikaanse sanger, Dewald Louw, het ‘n groep plaaslike musikante gelei wat saam met gestremde mense van die Jean Webberhuis en Kopano gesing en dans het.
Hendrien de Klerk, hoof van die Vereniging vir Mense met Gestremdhede in die Vrystaat, sê die doel van vandag was vir die inwoners van dié tehuise om uit te reik na die gemeenskap.