Vicki Fourie inspireer by Bfn-skole

0
154
Voormalige Mej Dowe SA 2009, Vicki Fourie en Jessica en Trusten Barnard van Oranje FOTO: VERSKAF

Vicki Fourie, Mej. Dowe SA 2009 en motiveringspreker van Bloemfontein, sê toe sy ses jaar oud was, was haar enigste groot vraag: “Hoekom ek nie hoor nie?”. Sy vertel dat sy besef het dat sy anders was as haar ander familielede, want sy was die enigste een wat  gehoorapparate moes dra.

Fourie het vertel hoe haar ouma, toe sy haar eendag gevra het hoekom sy die enigste een is wat gehoorapparate moes dra, aan haar verduidelik het: “As Ouma nie mooi kan sien nie, dra Ouma haar bril. Omdat jy nie mooi kan hoor nie, moet jy jou gehoorapparate dra.” Sedert daardie dag het sy nooit weer daaroor gewonder nie.

Voormalige Mej Dowe SA 2009, Vicki Fourie en Oranje Primere Skoolhoof, Adrie Albertyn FOTO: VERSKAF

Sy sê, “Ek het vrede in my hart gehad en geweet wat ek het, is genoeg.” Dit is die boodskap wat Vicki Fourie gister by die Primêre Meisieskool Oranje aan leerders gebring het toe sy ná agt jaar die skool weer besoek het. Sy het aan die meisies gesê hulle moet onthou dat dit nie saak maak hoe hulle die lewe ingaan nie, hulle is goed genoeg en hulle is werd om lief gehê te word.

Fourie besoek verskeie skole asook besighede om oor haar lewensreis te praat en die jeug van Bloemfontein te inspireer. Haar boodskap is:  dit maak nie  saak wat oor hul pad kom nie, hulle is altyd goed genoeg.

Haar volgende besoek sal aan die Hoërskool Sand du Plessis wees op 17 Mei om 08:10.

Vir die wat nog nie Vicki Fourie se storie gehoor het nie, kan op die OFM website gaan luister toe sy op die Own it program haar storie vertel het. Tree in verbinding met Vicki by vickifourie@yahoo.com. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za