E Copy

Date:

Verstaan die bateklasse, dan verstaan jy jou belegging

Ons het die laaste tyd heelwat gesels oor die verskillende bateklasse, hul werking en doel in jou portefeulje. Jy mag dalk dink dat die werking en doel van die verskillende bateklasse in ‘n beleggingsportefeulje jou nie raak nie omdat jy dalk nie so gelukkig is om ‘n beleggingsportefeulje te besit nie.
Die werklikheid is egter dat ons almal, ten minste in ons aftreefondse (pensioen- en voorsorgfondse), blootstelling het aan die verskillende bateklasse. Daarom is dit belangrik dat die regering en ander rolspelers moet besef dat ondeurdagte optrede, uitsprake en swak ekonomiese beleid nie net die sogenaamde “rykes” nadelig beïnvloed nie, maar dat die man op straat, wat net ‘n aftreefonds het, veel meer benadeel word en dit hom soveel langer gaan neem om sy finansiële voorsiening in te haal as die “rykes”.
Dit is dus uiters belangrik dat die regering sover moontlik stabiliteit en vertroue in ons finansiële markte moet bevorder en sodoende op die einde van die dag die man op straat se noodlot help verander. Opsommend is aandele en genoteerde eiendom bekend as die sogenaamde groeibates. Indien jy dus op soek is na langtermyn-kapitaalgroei en jy kan die volatiliteit wat met aandele en genoteerde eiendomme gepaardgaan, trotseer, sal dit wys wees om voorkeur aan die groeibates te gee, bo effekte en kontant.
Op die lang termyn sal jy nie net die koopkrag van jou geld beskerm nie, jy sal dit inteendeel heelwat vermeerder. Indien jy egter risiko-sku is en die bewaring van jou kapitaal ‘n prioriteit is, sal jy voorkeur gee aan effekte en kontant. Onthou ook dat die verskillende bateklasse hul verskillend gedra soos wat ons deur marksiklusse beweeg, met ander woorde, die bateklasse is swak gekorreleerd met mekaar.
Dít is ‘n uiters belangrike kenmerk, aangesien jy jouself teen onverwagte, negatiewe marktoestande kan beskerm deur jou geld oor al die bateklasse heen te diversifiseer. Ek het in die laaste paar rubrieke baie oppervlakkig oor die verskillende bateklasse gesels en daar is heelwat meer waaroor daar gepraat kan word. Indien jy egter spesifieke vrae oor die bateklasse het, stuur gerus vir my ‘n e-pos na horace@nassaux.com. – Horace Terry

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production “Alice in Wonderland”...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...