VERSKAF: EmoyaMed Private Hospitaal ‘eerste mediese dorp’

0
1211
Die hospitaal beskik oor ’n volledige radiologie-eenheid. FOTO: Verskaf

EmoyaMed Private Hospitaal is trots daarop dat die derde fase van konstruksie van die hospitaal ná drie jaar voltooi is. Die hospitaal begin die nuwe jaar met ’n nuwe bestuurspan en direksie, wat die hospitaal na selfs hoër hoogtes wil lei. Emoya Estate is reeds vir jare bekend in die Vrystaat as ’n toerismebestemming, en met die ontwikkeling van ’n private hospitaal is dié geriewe verder uitgebrei.

Die Emoya Spa, Basotho Village Lodge en restaurante, tesame met die gholfbaan en wildritte, is bestaande geriewe op die landgoed wat vir besoekers van pasiënte in dié hospitaal uiters gerieflik is.

EmoyaMed Private Hospitaal vorm deel van die eerste mediese dorp konsep in Suid-Afrika en is geleë in ’n unieke omgewing met renosters, kameelperde en ’n paar nuurskierige vlakvarke wat gereeld kom inloer en deel uitmaak van die natuurlike terapie en rehabilitasie van pasiënte.

Die konsep van EmoyaMed Private Hospitaal was en is steeds om die swaarmoedige gevoel van hospitalisasie op ‘n heeltemal ander manier te benader deur die dekor sowel as die estetika van die argitektuur op te helder en dit te laat voel soos ‘n luukse hotel, natuurlik binne die kliniese vereistes van ‘n hospitaal. EmoyaMed beskik ook van die beste geriewe en toerusting ter wêreld.

Daar is ook genoeg grondvlak-parkering en dit maak dit gerieflik vir besoekers aan die hospitaal. Uitbreidings op die landgoed is ook in die pyplyn, wat onder meer verdere uitgebreide mediese dienste asook internasionale mediese toerisme kan insluit.

Besoek hul webwerf by www.emoyamed.com of stuur ‘n e-pos na contact@emoyamed.com vir meer inligting.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za