E Copy

Date:

Verregses vir oulaas weer saam in Bfn-landdroshof

LANI FOUCHÉ

Die vier Mangaung-verregses verskyn Vrydag vir oulaas weer in die Bloemfonteinse landdroshof waar ‘n verhoordatum na verwagting vasgemaak sal word.

Die saak sal ook na die Vrystaatse Hooggeregshof oorgeplaas word. Johan Prinsloo, Mark Trollip, Martin Keevy en Hein Boonzaaier staan tereg op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurdade te pleeg.

Die staat beweer dat hulle beplan het om top ANC-leiers tydens die party se Mangaung-kongres verlede jaar te vermoor.

Ondersoekbeampte, Francois Laux, het bevestig dat ‘n amptelik klagstaat ook vandag aan die hof en die beskuldigdes oorhandig sal word. Prinsloo en Trollip het vroeër die maand op ‘n twaalf-dae-lange eetstaking in die Grootvlei-tronk gegaan omdat hulle nog nie ‘n klagstaat onder oë gehad het nie, en omdat hulle ongelukkig was oor hul borg-weiering.
 
Boonzaaier is die enigste van die vier wat uit is op R80 000 borgtog. Keevy is vroeër by die Vrystaatse Psigiatriese Hospitaal opgeneem nadat ‘n verslag van dié hospitaal as ontoerekeningsvatbaar en onverhoorbaar bevind het.

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...