E Copy

Date:

Verregses: Keevy in Hooggeregshof op 4 November

LANI FOUCHÉ

Martin Keevy, een van die drie vermeende Mangaung-verregses, is vandag deur die Bloemfonteinse Landdroshof beveel om op 4 November saam met sy twee mede-beskuldigdes in die Vrystaatse Hooggeregshof te verskyn.

Of hy wel verhoorbaar is, is nog onduidelik, omdat beide sy regspan en die staat nog nie sy jongste psigiatriese verslag ontvang het nie.
 
Hy bly intussen by die Vrystaatse psigiatriese hospitaal in Bloemfontein tot sy verskyning. Keevy is vroeër die jaar vir evaluasie gestuur, en ‘n mediese verslag het hom as ontoerekeningsvatbaar en onverhoorbaar bevind.

Die staat het toe egter, op verlof van die hof, nog ‘n evaluasie aangevra.

Dié verslag is nog uitstaande en sal na verwagting op 4 November, met die aanvang van die verhoor, bekendgemaak word.

Keevy word saam met Johan Prinsloo en Mark Trollip daarvan verdink dat hulle top ANC-leiers tydens die party se Mangaung-kongres verlede jaar wou vermoor.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...