Vermeende Preller-sluipmoordenaar verskyn in hof

0
891

Die man wat vermoedelik een van die mans was sakeman Louis Siemens in Mei vermoor het, verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof.
Volgens die plaaslike polisie sou die 39-jarige verdagte, wat Woensdagaand deur polisie vasgetrek is, gister reeds verskyn het, maar dit is uitgestel weens vertragings by die hof.
Die verdagte het sedert die moord die polisie ontwyk, en het glo verskeie kere na Lesotho gevlug. Hy is Woensdagaand deur die plaaslike polisie in hegtenis geneem nadat hy deur ‘n taakspan in Phahameng in Bloemfontein opgespoor is. – Olebogeng Motse/OFM Nuus