E Copy

Date:

Vermeende polisieskieters se borgaansoek uitgestel

LANI FOUCHÉ

Die drie verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle tydens ‘n gewapende rooftog buite Bloemfontein ‘n polisiesersant doodgeskiet het, bly vir eers nog in aanhouding nadat hul borgaansoek Vrydag in die stad se landdroshof tot 24 Januarie uitgestel is.

Motlatsi Mphou (30), Motlatsi Namane (29) en Khadebe Mohlalisi (31) het na bewering verlede week saam met drie ander verdagtes ‘n Sjinese algemene handelaar in Ipopeng, Kopanong buite Bloemfontein beroof.  Die polisie is laat kom.  Daarna het ‘n oor-en-weer-skietery tussen die verdagtes en polisielede uitgebreek.  Sersant Molahlehi Ephraim Mokhasi is in die proses doodgeskiet.  ‘n Rower het ook gesterf.

Die polisie kon daarin slaag om drie verdagtes kort daarna vas te trek, maar hulle soek steeds na twee ander. 

Mokhasi se begrafnisdiens sal intussen Saterdagoggend in Bloemanda gehou word.

"Dit is in tye soos hierdie waarin ons wens dat die familie van die oorledenes berusting moet vind by die Een wat vir ons lewe in die eerste plek gegee het," het die uitvoerende provinsiale polisiekommissaris, Moeketsi Sempe, gesê.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...