Vermeende moordenaar vra om vergifnis

0
2071

Martin Brits, wat verdink word van die gru-moord op sy pa, ds. Willem Brits en sy aanstaande swaer, gerhardus Vermeulen, in Harrismith, het ’n brief uit die tronk geskryf waarin hy om vergifnis vir sy dade vra. Ds. Brits se roudiens was Vrydag vanuit die NG Gemeente Kerkenberg gehou. Martin, wat tans in aanhouding is, het in ’n brief ’n skuldbekentenis gemaak en sy broers en suster, die gemeenskap en vir God om vergifnis gevra. Na verneem word, is Martin se broers, Willie en Dawid, en sy suster, Thea, kwaad, maar is bereid om hom te ondersteun en vergewe.