E Copy

Date:

Verkragting saak teen VS dokter uitgestel

n Vrystaatse dokter, wat teregstaan op ‘n klag van verkragting, sal weer op 24 Maart in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Die dokter is vroeër op borgtog van R1000 vrygelaat nadat hy glo ‘n swanger pasiënt tydens ‘n ondersoek verkrag het.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die dokter se nuwe prokureur het gevra dat die saak uitgestel word vir voorbereiding.

Die 29-jarige swanger vrou van Bohlokong naby Bethlehem het vroeër aan die polisie gesê sy het op 27 November na die plaaslike hospitaal in Qwaqwa gegaan vir ‘n ondersoek, waartydens die beweerde voorval plaasgevind het. ‘n Saak is later by die Namahadi-polisiekantoor aanhangig gemaak.

-Mark Steenbok

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...