Verkeer op N1 in Vrystaat neem toe

0
1057

Owen Kock

Bloemfontein. – Met die skoolvakansie wat einde se kant toe staan neem verkeer op die land se paaie sedert vanoggend drasties toe.

Vakansiegangers pak die tog terug huistoe aan met binnelandse skole wat volgende week open. Volgens personeel by die Verkeerdevlei Tol Plaza buite Bloemfontein, beweeg ‘n gemiddeld van 500 voertuie in ‘n suidelike rigting deur die tolhek.

Tussen 09h00 vanoggend en 14h00 vanmiddag het meer as drie duisend voertuie op die die N1 suid van Bloemfontein in die rigting van Johannesburg deur die Verkeerdevlei Tol Plaza beweeg.

Die verwagting is egter dat verkeer teen Sondag sy piek kan bereik met vakansiegangers wat veral vanuit die Oos-en-Wes-Kaap terugkeer. Skole oor die land heen heropen volgende Woensdag en veral die N1 en N3 snelwee sal die swaarste onder verkeer druk deurloop. Die meeste voertuie wat deur Verkeerdevlei beweeg het is vanmiddag12h00 gemeet, toe 565 deur die tolhek is.