E Copy

Date:

Vergete strate in Universitas

Twee strate in Universitas, John Knoxstraat en Calvynsingel, is volgens inwoners al vir jare in ’n uiters slegte toestand.

Sekere dele van die twee paaie lyk soos grondpaaie, gevul met gruis en sand in plaas van teer. Ander dele van die pad is vol slaggate, en sommige dele is net weg. Inwoners van hierdie twee strate moes self ingryp.

PHOTO: WARREN HAWKINS

“Die gemeenskap probeer om die paaie reg te maak, maar hulle is net te vêr om enigiets self te doen,” het Olive du Preez, wie se seun in een van dié strate bly, aan Bloemfontein Courant verduidelik.

Du Preez gaan kuier gereeld vir haar seun en voel dat as die straat in so ’n slegte toestand is, die permanente inwoners die ongerief erger as sy ervaar. “Wanneer ek op daardie pad ry, beweeg ek van links na regs en probeer die slegte kolle mis,” het sy verder vertel.

PHOTO: WARREN HAWKINS

Volgens Du Preez is die toestand van hierdie paaie gerapporteer aan die Wyk 23-raadslid, Tjaart van der Walt, wat die saak aan die Mangaung Metro oorgedra het. “Calvynsingel is op die geïntegreerde ontwikkelingsplan se lys vir Wyk 23,” het Van der Walt vertel. “My nommer een prioriteit vir paaie is Calvynsingel.”

Hy het verder veduidelik dat hy gereeld opvolg met die munisipaliteit oor die vordering rondom planne vir die twee vergete strate. “[Calvynsingel] is van 2018 my eerste prioriteit vir paaie wat gedoen moet word in Wyk 23.”

Dit is duidelik hoekom Van der Walt soveel klem op dié straat plaas. “Die gruis en gebreekte teer neem by die dag toe. Dit voel of ons by ’n punt van geen terugkeer is nie,” het Du Preez verduidelik, “Ek het nog nie só ’n pad in Bloemfontein gesien nie.”

PHOTO: WARREN HAWKINS

Bloemfontein Courant het na die Mangaung Metro uitgereik vir kommentaar, maar het teen druktyd geen antwoord ontvang nie.

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...