E Copy

Date:

Vergeet die syfers, onthou die beginsels

Beleggers het die laaste paar maande baie pakslae gekry met hulle beleggingsopbrengste. Soos gewoonlik neem emosie logiese denke oor en soek baie beleggers ‘n veilige hawe om te gaan wegkruip totdat finansiële markte terugkeer na normaal. Die meeste van ons het iewers blootstelling aan aandele in ons aftreefondse, polisse of ander beleggingsprodukte. Meegaande grafiek wys dat die JSE Algehele Indeks vir die laaste 12 maande -3.56% af is en die vlakke van volatiliteit uiters hoog is.

ggk
Eintlik lyk alle syfers tans beroerd en beleggers het goeie rede om negatief te wees. Alhoewel syfers en grafieke ‘n belangrike rol vervul wanneer dit by die ontleding en beplanning van jou beleggingsportefeulje kom, moet jy versigtig wees dat dit nie jou logiese denke beïnvloed nie. Baiekeer, veral wanneer finansiële markte sukkel en onsekerheid hoogty vier, moet jy jouself dwing om nie na syfers te kyk nie, maar jouself eerder herinner aan gesonde beleggingsbeginsels. Wanneer finansiële markte in die verlede begin rondspring het, was dit nog nooit wys om jou markverwante belegging te verruil vir ‘n rentedraende belegging soos ‘n vaste deposito of geldmarkfonds nie. Gesonde beleggingsbeginsels hou voor dat hoe meer volatiel markte raak en hoe groter ‘n markregstelling is, hoe beter is die geleenthede wat benut kan word om in die toekoms waarde te ontsluit. As jy egter in ‘n rentedraende belegging sit, gaan jy dié geleenthede misloop en jy dit nooit kan ‘opvang’ nie. Gesonde beleggingsbeginsels sê koop laag, verkoop hoog. As jy stilsit en dink en na die huidige markregstelling kyk, moet jy jouself afvra waarom jy nie nou meer geld in ‘n markverwante belegging belê nie, waarom jy nie nou bietjie meer risiko neem nie, wanneer jy weer die geleentheid gaan kry om so goedkoop te kan inkoop?
Warren Buffet, wat as die beste beleggingsghoeroe van alle tye beskou word, is die koning van beleggingsbeginsels. Jy kry baie waarde deur net sy sienings en aanhalings te lees. Gaan Google gerus “famous Warren Buffet quotes” – en lees oor die beginsels wat van hom ‘n sukses gemaak het. Vergeet dus vir eers van die syfers in die koerante en op televisie en keer terug na gesonde beleggingsbeginsels. – Horace Terry

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...